k.d. lang | |
---|---|
k.d. lang in 2006 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Kathryn Dawn Lang |
Gebore | 2 November 1961 Edmonton, Alberta, Kanada |
Genres | Countrymusiek, pop, folkmusiek |
Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer, platevervaardiger, aktrise |
Instrumente | Vokaal, ghitaar |
Etikette | Bumstead Records, Sire Records, Warner Bros. Records, Nonesuch Records, Elektra Records |
Webwerf | kdlang |
Kathryn Dawn Lang (2 November 1961), verhoognaam k.d. lang, is 'n Kanadese pop- en countrymusiek sanger-liedjieskrywer. Haar treffers sluit in "Constant Craving" en "Miss Chatelaine".
Sy is 'n mezzo-sopraan[1] en het bygedra tot rolprentklankbane en saamgewerk met kunstenaars soos Roy Orbison, Tony Bennett, Elton John, The Killers, Anne Murray, Ann Wilson en Jane Siberry.[2] Sy het opgetree tydens die sluitingseremonie van die Olimpiese Winterspele 1988 in Calgary, Alberta, en tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2010 in Vancouver, Brits-Kolumbië, waartydens sy Leonard Cohen se "Hallelujah" gesing het.